So, die eerste dag van board in die WILLE WESTE het afgeskop met n aggresiewe bang. En is afgesluit met n tikkie hartseer, n bietjie bier, n snoek(er) game by Tracey's, n hart vol ekstase, en n seer lyf. Ek het nie n idee hoe ons hierdie gaan volhou vir twee weke nie. Jakkie deel obvious nie hierdie bekommernis nie...Man van staal roep hy homself. Maar nou ja, ons is nie hier om koeie te melk en te gaap soos skape nie; ons is hier om grense te skuif, poeier te carve en 2.5ton se stront rond te ry (alhoewel dit n moerse intimiderende kar is, is dit ook al). Jakes het vandag afgepeil, 2.5ton 3.5 liter 5V en al, op n niks verwagtende pensioen trekker sonder n gebit (weet nie of hy heil van Mitchells plein nie...?). Dié het hom boeglam geskrik, so erg dat hy moes oortrek na die noodlaan. Pacemaker repirasies...?
Dink nie daar bestaan byvoeglike naamwoorde om vandag se ski te beskryf nie. Geen sprake van rye by die lifts nie, dik poeier en LIEFLIKE runs...en bome. Die bome het ook sy tol geeis en ek is nou n baadjie minder as waarmee ek aangeland het. Daai ding is NAFTA...GAWN! Oopgeruk soos n goedkoop braaihoender van die heup tot by die mou! Ons besluit nog of ons n ter aarde neerlating of verassing gaan doen. Dink brand is altyd n interresante opsie. Is darrem nagelaat met n pragtige en nou HELSE duur fleece inner. Maar die shell sal seker gereinkarneer word as n Hummer (altwee is maar ewe poef tot op hede). Die Hottub was darrem n welverdiende troosprys. Die hele sensasie van die storie is vasgevang op youtube en julle sal maar net die ding MOET gaan uitkyk. Graag verwys ek na die link by Video of da day. Hou dai blog dop...ander aksie videos sal ook binnekort ten toon gestel word. Hier is 'n shortcut!
Tydens ons nagtelike wandelinge het ons die vreemste besigheid tee gekom. Ek glo almal sal stem dat, alhoewel dit HEELTEMAL af is, daar tog n biejie goud in die man se hart weggesteek lê. Ek bedoel...dis nie elke man wat hierdie tipe van boeke en visuele materiaal so openlik as n leen item sal adverteer nie. Die neon gee sy game n bietjie weg though. Ek wonder of hy ook soos die biblioteek n ekstra fooitjie vra of n boete gee vir boeke en videos wat laat terugbesorg word?
Song of the day: Muse - Map of the Problematique
Catch of the day: Lixi
Video of the day: http://www.youtube.com/v/C1A4GdZp7RY
No comments:
Post a Comment