Sunday, March 9, 2008

Dag: 5,6,7 - Park City, Green River & Moab, Snowmass (Aspen)

'n String van gebeurtenisvolle dae het gesorg vir opwinding, 'n naar kol op die maag, 'n leë maag, en twee dae van geen blog inskrywings nie. Siende ons geen meer kommentaar van ons SO getroue bloglesers kry nie, voel ons nie eens 'n bietjie sleg om die twee dae te geskip het nie. Julle is ondankbaar man!...freakin useless. Hierdie tipe van houding gaan julle nie ver bring nie en kan lei tot massa-aksie en selfs die repurkussies van 'n totale blog-staking! Dit kan katastrofies wees. "Umshiniwa, umshiniwa...ra ta ta ta!" - viva Zuma-puma! Julle moet verstaan: net so baie soos wat julle elke oggend uitsien om ons blog te lees met 'n oggend koffie en beskuitjie, net so baie sien on daarna uit om julle terugvoer en kommentaar op te slurp oor 'n McNugget met ou coke en gister se tjips. Maar nietemin sal ons voort stoom en julle in te lig van gebeurtenisse soos gedokumenteer in die lewe van Djy-n-Bee.

Kom ons begin mar by die begin. Dei 5 - Park City:

Weereens was die dag getooi met son en geen wolke. Uitstekende dag om die slopes aan te pak en elke dollar te melk en rand te rek uit hiérdie vermaaklikheids-masjien. Dit was die 2e dag van practise rounds gewees by die world super pipe champs, en Djy het homself meeste van die tyd, met kamera oor die skouer of voor die meesters-oog, in die teenwoordigheid van ski/snowboard royalty gevind. In daai tyd het ek myself maar probeer vind. Ritme praat ek van. Maar dinge lyk nou meer blink as ooit en ek voel reg om die befaamde Highlands Bowl by Aspen aan te pak... kort op baas Jakes se hakke! 16h00 het ons die royalty, ski slopes, mooi-weer en geweste van Salt Lake City verruil vir country musiek en die groot oop pad na Greenriver.
















Catch of the day: Djy saam met die wêreld se Olympic Gold Medalist Womens Snowboard - Kelly Clark

Sou die noodlot een van julle oooooit tref om in Greenriver te eet of te slaap, dan stel ek sterk voor julle hou maar verby. Bou eerder n pot met veldrot en slaap in jou Cape Epic tentjie, maar eet is glad nie groot in Greenriver nie. Hier leef die manne of RV-fumes en dirtbike two-stroke olie...hoogs gevaarlik (dit dan ook die rede dat die brokkolie so mutated lyk en proe - 'n petrolhead produk)!
Dey 6 - Greenriver to Aspen via Moab:

Breakfast het dieselfde trant gevolg as die aandete. Weereens HOU VERBY! Gekies om die scenic roete deur Moab te vat tot in Aspen. Het die Arches park gaan besoek om te ervaar hoe etlikke biljoene se jare van erosie, vervorming en dinosourus versteende afval besig is om die landskap te tooi. Dit was nogal indrukwekkend, maak nie saak hoe dit daar te lande gekom het nie. Die rots formasies en rots self is regtig iets vir die oog. Elke rots klimmer se droom en evolusionis se skatkis van snert praat, levitasie oor spinasie, en transponasie na die volgende dimensie.

Die biljoenjaar oue erfstuk het wel vir ons die kans gebied om ons tegniese vaardighede, bestuurs vernuf en modebewustheid ten toon te stel. Ons het nie daai tannie by die rental cars verniet gesweet-talk nie! Die eindresultaat van ons dag-uitstappie was dat die Hummer nie waarlike net n 2.5ton stuk stront is met diff-lock nie. Sit die poefie op stof en hy kloof die biljoene jare van mikroorganiese jaareindvergaderings in n Davidbeeld uit.Die ding is genadeloos, sodra daar nie teer betrokke is nie. Die feit dat die stront 2.5ton weeg maak hom natuurlik onkrenkbaar oor (maar meeste van die tyd ploeg deur) enige terrein. Punt: die Hummer eet stof vir soetkoek vir brêkfist! n Nuutgevonde respek vir die mees gayste ratkas wat koppel aan die mof enjin gekry. Dus, die versoeking was onweerstaanbaar om die bonnet oop te maak en die dipstick intiem van nader te bepeil. Natuurlik is die nuutgevonde respek ook deur ons alies getrek op n droë rivierloop. Lekerrrr!

Dy 7 - Aspen (Snowmass)

Ironies dat dag 7 die Sabbat is - ons het WAARLIK gerus.

Bly by vriende van vriende, maar hulle is ook nou ons vriende. Eet kos wat eetbaar is. Slaap in 'n bed wat slaapbaar is. Stort in n stort wat stortbaar is. Praat Afrikaans. En slaap saam met Djy/Bee wat slaapbaar is! Ons kuier VREK lekker en geniet elke oomblik daarvan. Sal more weer die slopes in Snowmass pak gee. Hanging Valley Wall...hier kom ons!

4 comments:

Anonymous said...

Hos ja!!! Dis shocking dat niemand julle blogs coment nie, veral nou nadat julle so mooi gevra het daarvoor.... ek kan dink dit raak seker baie aleen daar en julle verlang seker vreeslik graag! (Kom maar vroer huis toe Bee)

So julle dink daai hummdinger ry oraait op die grondpad? TOYOTA OF NIKS NIE MANNE!!!!!

Gelukkig het julle darem nie op julle crash dag in mekaar vas geprang nie, soos ek en Bee nie. ...maar ek het regtig nie geweet julle is sulke ernstigge environmentalists nie, julle tree-huggers!

Elk geval, ek lees julle blog en is vrek jaloers...... Zonkinuts vdBerg

Anonymous said...

EN JULLE MOET FRICKEN LEKKER WEES MET JULLE UITLATING OOR 2 STROKE DIRTBIKES!!! .....KTM, THE AUSTRIAN FACTORY OF PAIN!!

Anonymous said...

Bee wees op hoede vir djay dat hy jou nie oorreed om na West buttermilk te gaan en 'n bruin oog aan 'n ou arme miljoeners oom ten toon te stel nadat ons almal weet van sy drange na 'n naturist. Sy familie is baie jare gelede bietjie te na gekom in die Pitkin county district court.

Bee gooi eerder jou weight en beheer daai djay want dit lyk of hy uit sy eie nate gaan skeur net soos daai kief First ascent in die Wilde Weste.

Julle is wenners en baanbrekers. Hou aan met die great postings. Djay plak bietjie van daai Aspen sneeu vas aan Bee se gesig dat hy so sprokie nooit vergeet want daai plek is wilder as die wilde weste!!!!!!!!!!!!!!

Love julle

Unknown said...

Awe Malletjies-in-die-sneeu!
Ek was gister by 'n Hummer show in Canal Walk, het in 'n H3 gesit, my oe toegeknyp en probeer droom ek ry oor die sanderige velde van Colorado, maar ek kon nie, want ekt begin lag! Die kar suck man! hy's vet en vierkantig en Amerikaans!
Na 7 dae se uitstel het ek vanoggend vir die 1e keer jul link nagevolg, sal verseker elke oggend van nou af. Balowe Bee! Met 'n koppie koffie en beskuit en al!
Nog 'n ding, Bee, jy kan vir Djy enige plek volg op 'n slope, en selfs vertrou, maar nooit, ek herhaal NOOIT by daai bergie met die naam Highlands Bowl nie! Ek is dalk een van die enigeste suid-afrikaners wat dit dalk al oorleef het in Djy se slipstream by daai vertikale helling af, en elke nou en dan as ek 'n ernstige nagmerrie het, dink ek daaraan.
Anyway, gaan drink 'n coke-light by die Merry Go Round en eet cheap pizza slice langs die snowmass slopes vir my part! O nee wag, moenie, doen dit vir julle. Die vakansie gaan oor julle, Geniet hom.
Ok cheers, jul jaloerse vriend uit die Moederstad:
Sarel 'Eef' Sneeuvreter
(Ja, ek het meer sneeu gevreet op die Snowmass heuwels as wat hulle gebruik het om die World halfpipe te maak!)